Franchise Geleenthede

Raak deel van die Kleuterzone Groep!

Alhoewel baie mense sal skepties wees oor ons konsep, sê ek altyd vir ons voornemende beleggers:

“The proof is in the pudding”

Google gerus Kleuterzone en daar sal nie een bestaande belegger wees wat ongelukkig is nie, dit spreek van sukses en volhoubaarheid in ons konsep wat al 7 jaar oud is.

Ons bedank elkeen van ons 1300 beleggers vir jul vertroue in ons!

Is jy afgetree en lus vir ‘n nuwe uitdaging?

Wil jy belê in ‘n bestaande volhoubare besigheid?

Het jy ‘n liefde vir kinders en wil betrokke raak by ‘n verskil in hul lewens?
Of wil jy in die agtergrond wees en kyk hoe jou nuwe besigheid van krag tot krag gaan onder ons bestuur?

Dan is ‘n Kleuterzone Franchise vir jou !
Die skole en konsep is gevestig en die naam van die skole loop hul vooruit regoor die land. Kleuterzone Kleuterskole bied ‘n wonderlike geleentheid vir enige belegger om op langtermyn ‘n inkomste te genereer. Met ons uitstekende bestuur en bemarkings metodes (televisie, tydskrifte, sosiale media ens.), kan beleggers gerus weet dat hul besigheid in goeie hande is. ‘n Kleuterskool is ‘n lae risiko belegging, aangesien die opvoeding van kinders nommer 1 is. Ons verskaf alle toerusting wat nodig is om die skool oop te maak, dit neem ‘n maand en jy stap in jou eie splinternuwe skool in. Die gerief hiervan is verseker een van die grootste pluspunte.

Daar sal altyd ‘n behoefte wees vir onderrig in Suid-Afrika. Dit is nodig om ‘n verskil te maak in ons land en sy toekoms, daarom is die kurrikulum van Kleuterzone noukeurrig saamgestel om die beste in elke kleuter navore te bring.
Die terugvoering van Laerskole is uitstekend en dit bevestig die geloofwaardigheid van ons kleuterskole.
Die Kleuterzone handelsmerk het in 2023 so gegroei dat die groep ook nou bestaande kleuterskole oorkoop en oorskakel na ons wenkonsep, hierdie inkoop opsie is duurder as ‘n nuwe skool, maar die winste begin onmiddelik.

INKOOP OPSIES TANS:
Duurder Opsie: BESTAANDE SKOLE (dadelike uitbetalings)
Goedkoper Opsie: NUWE SKOLE (wagtydperk vir uitbetalings)

Stuur gerus ‘n e-pos na anthonie@kleuterzonegroep.co.za of skakel ons by 074 886 8719 vir meer inligting!

NEEM KENNIS:
Die verkope van aandele is baie gewild, daarom is dit onderhewig aan beskikbaarheid.