Toggel
Ons is trots om Toggel bekend te stel, ons nuwe tegnologiese stelsel wat u as ouer in real-time op hoogte hou van u kind se daaglikse aktiwiteite en vordering! Met Toggel kan u hul slaap, eet- en speelroetines reg vanaf u slimfoon monitor, wat u gemoedsrus gee dat u kind altyd veilig en gelukkig is.
Kleuterkrag
Beweging/ Balvaardighede/ Joga
- Konstruktiewe en Gewilde Sportaktiwiteite
- Spierversterking en Toning
- Besluitneming en Balans
- Ruimtelike Bewustheid
- Oog- en Handkoördinasie en Sensoriese Motoriese integrasie
Geselsgoggas
Drama en Storievertelling, Musiek, Dans en Beweging
- Bevorder Selfvertroue
- Fantasiegedrewe
- Leer my Liggaam Ken
- Bevorder Spontaniteit
- Vuur Verbeelding Aan
- Ritme is ’n voorskoolse vaardigheid vir Lees en Wiskunde
Koskabouters
’n Knippie Wetenskap, Kreatiwiteit, Natuur en Gesonde Kospret
- Lesse inkorporeer Wetenskap en Wiskunde deur Bak en maak, Tuinmaak, en die aanleer van nuwe smake.
- Inleiding tot wetenskap deur die maak van eenvoudige kosse
- Elke skool het hul eie kruietuin – Lewensvaardighede
- Wiskundige Vaardighede (meet en tydhou)
- Toevallige Lees – Resepte deur prente
- Besluitneming, Balans en Fynmotoriese Vaardighede
- Luister, Konsentrasie en beplanning
- Oog- en Handkoördinasie en sensoriese motoriese integrasie
Robotika en Kodering
Bevordering van tegnologiese vaardighede (ons voorspel dat Robotika en Kodering eersdaags verpligtend sal wees by meeste Laerskole)
Persepsie
Die ontwikkeling van perseptuele vaardighede in jong leerders is uiters belangrik in die vaslegging van alle toekomstige ontwikkeling en leer. Persepsie beteken om die sintuie te gebruik om inligting oor die omgewing of situasie te verkry. Die ontwikkeling van perseptuele vaardighede kan in alle vorme van leer voorkom.
- Visuele persepsie, Visuele diskriminasie en Visuele geheue.
- Ouditiewe persepsie, Ouditiewe diskriminasie en Ouditiewe geheue.
- Midlynkruising
Bybel
Geestelike verrykking deur middel van stories, liedjies en werkskaarte – vaslegging van ‘n waardesisteem.
- Visuele persepsie en Visuele diskriminasie
- Ouditiewe persepsie en Ouditiewe diskriminasie
Kuns
Kuns leer ‘n kind om betrokke te raak by sy omgewing en dit te interpreteer hoe hy/sy dit sien in ‘n kreatiewe manier. En om BAIE pret te hê.
- Visuele persepsie, Visuele diskriminasie, Midlynkruising en Ruimtelike persepsie
Bak en Brou
Die gebruik van al hulle sintuie, ruik, proe, tas, hoor en sien. Die aanleer van wiskundigetaal by meting en skatting bv groot koppie of 2 teelepels ens.
- Hand-oog-köordinasie en Ouditiewe persepsie
Wetenskap
Die uitbreiding van algemene kennis deur middel van feite, waarnemings en eksperimentering.
- Ouditiewe persepsie en Ouditiewe diskriminasie
Lewensoriëntering
Dis die ontwikkeling en versterking van die hele liggaam en om te leer hoe om dit te gebruik deur verskillende vaardighede aan te leer. Groot motories, ‘n bal te skop, asook Klein motorie, potloodgreep.
- Hand-oog-köordinasie, Liggaamsbeeld, Midlynkruising, Lateraliteit, Dominasie en Ouditiewe persepsie
Musiek
Musiek en beweging is goed vir kinders se algehele welstand en ontspanning. Bevorder bilaterale koördinasie. Improvisasie vind plaas.
- Ouditiewe persepsie, Ouditiewe diskriminasie en Ouditiewe geheue
Opvoedkundigespel
Dis leer deur speel, of dit nou probleem oplossing is, fyn motories, konsentrasie ens. Opvoedkundigespel moet altyd organiseerd en gestruktureer wees en altyd met toesig.
- Visuele persepsie, Visuele diskriminasie en Visuele geheue
- Ouditiewe persepsie, Ouditiewe diskriminasie en Ouditiewe geheue
- Midlynkruising
Taalvaardighede
Die aanleer van ‘n suiwer taal met ‘n ryk woordeskat en die korrekte uitspraak daarvan. Die aanleer van idiome, intensiewe vorme en ‘n korrekte lees aksie.
Wiskundevaardighede
Ontwikkel tel, syferherkenning en herkenning van wiskundetaal bv. eerste, laaste, kortste, langste ens. Sortering, groepering, patrone en vormpersepsie.